Hoëprofiel-individue, onder wie politici en sakelui, word gesoek in verband met die aktiwiteite van ’n misdaadbende wat die mense van Pietermaritzburg reeds ’n geruime tyd volgens die polisie "terroriseer".
So sê lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, provinsiale polisiekommissaris, in ’n verklaring nadat die polisie die naweek nog vier vermeende bendelede in hegtenis geneem het.
Die vier sal Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn op voorlopige aanklagte wat moord, roof, verkragting en aanranding kan insluit.