Die vrou van ’n Kaapse sakeman is waarskynlik ontvoer omdat hy nie wou ingee aan ’n mafia wat aan hom wou voorsê wie die veiligheidsdienste by sy fabriek moet lewer nie.
’n Video, geneem deur ’n kringtelevisiekamera by die fabriek se hek, wys hoe ’n veiligheidswag sekondes voor die ontvoering die fabriek se voetganger-hek toetrek en dan binne die omheining staan en kyk hoe die ontvoering gebeur.
Anichka “Ana” Penev, die 35-jarige vrou van die sakeman Simeon Penev, is Donderdag 10:07 voor haar man se fabriek in Blue Downs naby Kraaifontein in Kaapstad ontvoer.