’n Taxibestuurder het gedink hy is vinnig genoeg om die gereg te ontduik toe sy nemesis hom met flappende plakkies onderskep.
Wie die oomblik so vinnig verlede Sondag op video vasgevang het en wie die held met die plakkies was, is nog onbekend.
Die paar dramatiese sekondes, wat lof onder Suid-Afrikaners op sosiale media ontlok, begin met ’n loeiende sirene wat deur die sagte reën in Sandton sny, terwyl ’n vangwa van die Johannesburg-metropolisiediens (JMPD) ’n taxi tot stilstand dwing.