Die polisie verwag “binnekort ’n inhegtenisneming” nadat ’n vroue-motorbestuurder Saterdag glo ná ’n botsing in Walmer, Gqeberha, aangerand is.
Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die polisie sal ’n verklaring uitreik sodra die inhegtenisneming gebeur het.