‘n Leerling van die E.P. Bauman Primary School in Mayfair, Johannesburg, is Woensdagoggend voor die skool ontvoer.
Die meisie se ma het haar omstreeks 07:15 by die skool afgelaai, sê Rickey Nair, wykraadslid. Hy was ook Woensdag op die toneel.
Gewapende mans het in ‘n wit Toyota Yaris voor die skool gestop, die meisie gegryp en weggejaag. Volgens Nair het hulle die meisie se naam uitgeroep voordat hulle haar in die motor geboender het.