Twee mans wat Woensdag na bewering gehelp het om ’n geldwa van die Fidelity-groep in Franschhoek te beroof, sal Vrydag in die landdroshof in die Paarl in verband met die rooftog verskyn.
’n Derde man wat saam met die twee mans was, het weggekom.
Drie rowers het ’n veiligheidswag van Fidelity aangeval net toe hy weer terug in die geldwa by die Diamond Discount-drankwinkel in Groendal, Franschhoek, wou klim waar die wagte geld gaan haal het. Die wag het die houer met die geld laat val, waarna die rowers dit gegryp en laat spaander het, sê Zinzi Hani, Valke-woordvoerder.