'n 21-jarige student aan die Universiteit Stellenbosch (US) se Majuba-manskoshuis is deur die universiteit se sentrale dissiplinêre komitee (SDK) skuldig bevind aan seksuele wangedrag.
Dié student, wie se naam bekend is aan Netwerk24, word nog weerhou. Hy word daarvan aangekla dat hy op 17 Mei omstreeks 22:30 glo ’n 18-jarige student in die Majuba-manskoshuis verkrag het toe sy die koshuis besoek het.
Die student het gesê sy het vroeër die aand via WhatsApp met die beskuldigde gekommunikeer.