Die familie van ’n 21-jarige man wat Vrydagaand in ’n huisrooftog in Newfields, Hanoverpark, deur vier rowers ontvoer is, vrees vir sy lewe.
Volgens die polisie het die voorval Vrydagaand omstreeks 20:00 in Lodewykstraat gebeur.
Netwerk24 het Saterdag verneem die 21-jarige man, Huzaifa Sange, is blykbaar ontvoer toe die rowers in sy broer se wit Hyundai i10 gevlug het.