’n Man is Vrydag by die Kagiso Senior Secondary School aan die Gautengse Wes-Rand doodgeskiet nadat hy glo ’n onderwyser met ’n mes in die hand gesteek en nog leerkragte gedreig het.
Die polisie sê in ’n verklaring ’n onbekende man het Vrydag omstreeks 07:30 die skoolterrein binnegekom en daarop aangedring om die skoolhoof te sien.
Die skoolpersoneel was besig met ’n vergadering in die personeelkamer toe die man die vertrek binnekom. Hy het na bewering die personeel met ’n mes aangehou.