Die lyk van Ainsley Hermanus (23), wat Saterdagaand vanaf ’n huis by die Gariepdam verdwyn het, is gevind.
Brig. Motansi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die owerhede het Dinsdagmiddag op Hermanus se lyk afgekom waar dit 7 km buite die dorp langs die N1 teen ’n heining gelê het.
“Die polisie het inligting ontvang van ’n nabygeleë plaas nadat die inwoners twee dae lank gesien het dat daar iets ongewoons daar gelê het. Toe polisielede gaan ondersoek instel, het hulle op Hermanus se lyk afgekom.”