’n Man se lyk is Vrydag in ’n stroom in Pretoria gevind.
Volgens die Tshwane-nooddienste is hulle omstreeks 07:45 deur die Tshwane-metropolisie ontbied na ’n stroom naby die Mabopane-hoofweg.
“Met hul aankoms het die span met ’n rubberboot op die waterstroom geroei en die lyk van ’n man van ongeveer 45 jaar oud is gevind en uit die water gehaal,” aldus die nooddienste.