Die Overbergse polisie is op soek na ’n man wat R2,4 miljoen se perlemoen in sy besit gehad het, maar inhegtenisname kon ontduik.
Dié man het Donderdagaand 6 123 perlemoene in plastieksakke tussen Buffeljagsrivier en Stanford vervoer, lui ’n verklaring van die polisie.
Die polisie het inligting opgevolg van moontlike smokkel-bedrywighede en ’n verdagte blou dubbelkajuitbakkie tussen die twee dorpe opgemerk.