’n Man van Kaapstad is in hegtenis geneem in verband met die moord op ’n bendeleier en sy 11-jarige seun.
Die pa en seun is Vrydagaand by hul huis in Lavender Hill doodgeskiet.
Volgens sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, is die vermeende skieter Maandagaand in Steenberg deur die teenbende-eenheid vasgetrek.