’n Man is in Wepener in die Vrystaat in hegtenis geneem in verband met die moord op ’n bejaarde vrou op die Pinnacle Point-landgoed in Mosselbaai in Junie vanjaar.
Marietha (79) en Johannes (86) Willemse is op 4 Junie vroegoggend in hul huis op die landgoed aangeval. Marietha is met ’n wond in die nek aangetref en haar man is met meswonde in die hospitaal opgeneem. Hy is later ontslaan.
Sers. Chris Spies, polisiewoordvoerder, het Vrydag by navraag gesê ’n 40-jarige man is vroeër vandeesweek in Wepener in hegtenis geneem.