’n Vrou van Mbombela in Mpumalanga is in ’n ernstige toestand in die hospitaal nadat sy herhaaldelik deur rowers met messe gesteek is.
Stephanie Phyllis Duncan (60) se man, David Roy Amos (75), het die rowers probeer keer, maar is in die vroeë oggendure van Donderdag dood nadat hy met ’n stomp voorwerp in die gesig en op die skouer geslaan is.
Hulle het geslaap toe hulle die oggend in hul slaapkamer deur drie rowers oorval is.