’n Matrikulant is Sondagoggend dood buite ’n skool in Mokopane, Limpopo, gekry.
Die leerling van die Ben Hlongwane Secondary School het luidens ’n verklaring van die provinsiale onderwysdepartement ’n studie-kamp by die skool bygewoon. Hy is met steekwonde buite die skool aangetref.
Mavhungu Lerule-Ramakhanya, LUR vir onderwys in Limpopo, sê dis tragies om binne ’n week twee matrikulante in die provinsie aan die dood af te staan.