’n Vrou van Mbombela in Mpumalanga kon Maandagaand skaars slaap nadat sy herhaaldelik teen die kop geslaan is in wat vermoedelik ’n poging tot ’n motorkaping was.
Vicky de Freitas (46) se linkeroog is pimpel en pers geslaan en so opgeswel dat sy nie daaruit kan sien nie. Een van haar tande is ook uitgeslaan.
“Ek het baie, baie seer en my gesig lyk baie sleg, maar ek gaan aan,” sê De Freitas.