Kaapstad se metropolisie het Donderdag vyf verdagtes by Manenberg in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde vleisprodukte ter waarde van R500 000.
Sers. Wesley Twigg, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die metropolisie het gister ’n voertuig afgetrek wat ’n afleweringsvoertuig begelei het, en dierekarkasse in die kattebak gekry.
Die verdagtes is tussen die ouderdomme van 30 en 35 en sal in die landdroshof in Athlone verskyn sodra hulle aangekla is.