Winkeleienaars in die Mimosa Mall in Bloemfontein voel onveilig omdat niemand nog ná die rooftog Vrydag in dié winkelsentrum in hegtenis geneem is nie.
Agt gewapende rowers het toegeslaan en klante se selfone en ander waardevolle goedere geroof terwyl hulle beveel is om op die grond te lê. ’n Klerewinkel is ook beroof.
Ao. Loraine Earle, woordvoerder van die polisie in Bloemfontein, sê die ondersoek duur voort.