Die moord op die boer van Lionsrivier buite Howick in KwaZulu-Natal kan voor die deur van die regering gelê word, sê die IVP.
’n Huiswerker het Maandag op die lyk van Hedley James Brown (70) in sy tuin afgekom. Hy het kopbeserings opgedoen en is twee keer met ’n voorwerp in sy rug gesteek. Sy hande was ook vasgebind.
Nhlanhla Msimango, woordvoerder van die IVP, sê in ’n verklaring die landbou is een van die sektore in Suid-Afrika wat tot werkskepping en voedselsekerheid bydra.