’n 32-jarige man van Gqeberha, wat op borgtog vir ’n dubbele moord vrygelaat is, is Maandagaand in hegtenis geneem vir die besit van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie.
Volgens ’n verklaring van kol. Priscilla Naidu, Oos-Kaapse polisiewoordvoerder, is die verdagte Maandag om 21:20 in Sidwell in hegtenis geneem nadat hy deursoek is deur polisie wat die gebied gepatrolleer het.
’n 9 mm-pistool met ammunisie is in sy besit gevind. Die vuurwapen sal vir ballistiese toetse gestuur word. Dit is onduidelik wie die eienaar van die vuurwapen is.