Die vier Moti-broers van Limpopo is dalk ontvoer om wraak te neem nadat ’n bedenklike geldskema skeefgeloop het.
Dít is een van die opspraakwekkende bewerings wat die polisie nou ondersoek. Inligting wat die polisie glo in ’n klopjag by die gesin se huis bekom het, vorm deel van die ondersoek.
“Dieselfde aand wat die seuns sogenaamd terugbesorg is aan hul ouers, het die polisie, wat ’n tegniese span insluit, ’n klopjag op die gesin se huis uitgevoer en beslag gelê op selfone en skootrekenaars,” sê ’n ingeligte.