’n Voormalige werknemer van die Outeniqua-vervoermuseum in George is Donderdag tot 12 maande tronkstraf gevonnis in die streekhof in George vir ’n oortreding van die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne.
Nzaweka Tawule (45), wat as skoonmaker by die museum gewerk het, het koperpype van die museumstukke af gesteel.
Zinzi Hani, ’n woordvoerder van die Valke, sê by navraag daar is in Desember 2020 ontdek dat koperpype van sommige van die stoomlokomotiewe by die vervoermuseum gesteel is. Ander lokomotiewe is beskadig.