Inwoners van Tulbagh is tot kalmte gemaan nadat vier mense die naweek in ’n huis doodgeskiet is.
Hoewel die voorval nog ondersoek word, doen gerugte die ronde dat die skietery in Joostestraat weens huurgeld was, sê Elizabeth Sidego, ’n raadslid.
Die vier slagoffers was tussen 30 en 37 jaar oud en is Saterdag omstreeks 21:00 doodgeskiet. ’n Vyfde man word vir skietwonde in die hospitaal behandel en drie vroue en ’n man is ongedeerd.