Niemand is nog in hegtenis geneem weens die moord op Catherine Irving (54) op ’n kleinhoewe buite Mbombela nie.
Irving, wat haar lewe aan diere gewy het, is op 7 Desember in haar huis op ’n kleinhoewe vermoor.
Haar tuinier het op haar lyk afgekom nadat hy glo vier mans uit die huis sien weghardloop het. Hy het by die bure gaan hulp soek. Toe hulle by haar huis kom, het hulle afgekom op haar lyk. Sy was vasgebind en is doodgesteek.