Nog drie mans is aangekeer in verband met die moord op ’n Duitse toeris, wat verlede maand duskant die Krugerwildtuin doodgeskiet is.
Luidens ’n verklaring van die Mpumalanga-polisie, is die drie die afgelope week op verskeie plekke in die provinsie in hegtenis geneem.
Marietie Louw-Carstens het vroeër berig Jörg Schnarr (67) is op 3 Oktober naby die Numbi-hek doodgeskiet.