Byna ’n week nadat vier mans in ’n huis in Tulbagh doodgeskiet is, is nog ’n man dood nadat hy met skietwonde in ’n straat op die dorp aangetref is.
Die polisie het die man Donderdag om 19:10 in Malherbestraat gekry en hospitaal toe geneem, maar hy het aan sy wonde beswyk, sê AO Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder.
Swartbooi sê die Tulbagh-polisie ondersoek ’n saak van moord. Niemand is nog in verband met die man se moord in hegtenis geneem nie.