Fluitjieblasers word nie voldoende beskerm nie.
So sê Bernard Hotz van Werksmans-prokureurs nadat daar Dinsdagoggend vroeg by die getuie Johann van Loggerenberg se huis ingebreek is.
Dit kom enkele dae ná ’n inbraak by Themba Maseko se huis. Hy het, soos Van Loggerenberg, voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig.