Die polisie het Donderdag bevestig dat kol. Phetole Mahasha, stasiebevelvoerder van die Norwood-polisiekantoor in Johannesburg, verlede week bedank het.
Mahasha se bedanking kom nadat 158 vuurwapens verlede jaar uit ’n pakkamer vir bewysstukke by dié polisiekantoor gesteel is.
“Die stasiebevelvoerder het op 14 Januarie om persoonlike redes bedank,” het kol. Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder, by navraag gesê.