Die meisie wat Woensdagoggend voor ‘n laerskool in Mayfair, Johannesburg, ontvoer is, is meer as 24 uur later steeds soek.
Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, het Donderdag omstreeks 10:30 gesê die meisie is nog nie gevind nie.
Sy is Woensdag omstreeks 07:15 voor die E.P. Bauman Primary School deur minstens drie swaar gewapende mans ontvoer.