Die polisie het bevestig 17 mense en nie 22 nie is dood gevind in ‘n taverne in Scenery Park, Oos-Londen.
Aanvanklike mediaberigte het aangedui 22 mense is in die Enyobeni-taverne dood.
“Ons weet nie waar die syfer 22 vandaan kom nie,” het brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, Sondagoggend aan Netwerk24 gesê.