’n Raaiselagtige moord op ’n oud-diplomaat in die Boland het speurders aan die kopkrap en Paarliete aan die gons.
Sy het gelê amper asof sy gebid het, met haar lyf vooroor gebukkend en haar skootrekenaar by haar buik toe Karmen Malan (65) se familielede haar lyk ontdek het.
Hulle het haar Saterdag ná 21:00 aangetref in die slaapkamer van haar huis in Joubertstraat toe hulle na haar gaan soek het nadat haar tuinwerker haar die hele dag lank nie in die hande kon kry nie.