Die familie van Stephen Carrington (81) van Plumstead in Kaapstad en sy seun, Robert (56), het Dinsdag hul skok uitgespreek nadat die twee mans die naweek in hul woonstel doodgeskiet is.
Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, het gesê die skietery was Saterdag omstreeks 01:30 in die Tiverton Heights-kompleks in Mortonweg.
Die pa en seun was bekendes in juwelierskringe en volgens Carrington jr. se Facebook-blad was hulle vennote.