Die familie van Karmen Malan (65) van die Paarl werk ten nouste saam met die plaaslike buurtwag om soveel moontlik inligting oor haar moord in te samel.
Hulle probeer duidelike beeldmateriaal kry van ’n verdagte persoon wat op kringtelevisiebeeldmateriaal in die gebied raakgesien is.
Familielede het Malan Saterdag ná 21:00 dood aangetref in die slaapkamer van haar huis in Joubertstraat, waar sy met haar skootrekenaar op haar skoot gelê het. Sy het ’n oop wond aan die agterkant van haar kop gehad asook een onder haar linkeroog.