Hulle het in die Kleinplaasdam ingevlug om van hul aanvallers weg te kom en het hul besittings na die aanvallers gegooi.
Maar dit was steeds nie die einde van ’n paartjie se beproewing toe hulle Sondagmiddag op hierdie berugte staproete naby Simonstad aangeval is nie. Die aanvallers het teruggekom en hulle in ’n angswekkende jaagtog tot by die parkeerplek agtervolg.
“Ek het nie een keer omgekyk nie. Ek het myself klaar sien doodgaan. Ek wou net wegkom,” vertel die vrou, ’n 30-jarige Switserse burger wat al sowat vier jaar in Suid-Afrika woon.