Hy was nie ’n ontvoerder nie. Hy was ’n Bolt-bestuurder wat op aanvraag na Parkwood gery het om mense op te laai.
“Min het ons geweet hy ry na sy dood. Hulle het hom soos ’n hond aangerand en vermoor,” sê Zandile Maweza (24), die meisie van Abongile Mafalala (30).
Mafalala is Dinsdag gestenig en verbrand deur oproerige inwoners van Parkwood wat hom daarvan beskuldig het dat hy kinders ontvoer het.