Die plaag van geslagsgeweld en moord op vroue in die land duur voort, ten spyte van ingrypings daarteen.
Dit kan volgens Maite Nkoana-Mashabane, minister in die presidensie belas met vroue, die jeug en mense met gestremdhede, in die jongste misdaadstatistieke vir Julie tot September gesien word. Dit skets volgens haar ’n “aaklige prentjie”.
Die statistieke wys dat 989 vroue in net hierdie 92 dae in die land vermoor is, en 315 kinders. Verder is 1 277 voorvalle van poging tot moord en 13 701 klagte van aanrandings met die doel om ernstig te beseer ook aangemeld.