Vier mans wat hulle as polisielede voorgedoen en vals polisie-identifikasiekaarte by hulle gehad het, het drie plaaswerkers op die plaas Koffiefontein naby Rosendal in die Vrystaat aangeval.
Die vier gewapende mans het volgens brig. Sam Makhele, polisiewoordvoerder, Maandag omstreeks 22:00 op die plaas opgedaag.
Hulle het aan die drie plaaswerkers gesê hulle is van die polisie en het verneem daar is dagga in ’n stoorkamer op die plaas.