Die polisie in die Noord-Kaap het Donderdag klopjagte op ’n laerskool in Newtown en ’n hoërskool in Boichoko in Postmasburg uitgevoer.
Die klopjagte kom ná voorvalle van geweld waar inwoners verlede week vermeende dwelmbase uit die gebied wou verdryf.
Hulle het verlede week hul misnoeë hiermee teenoor Nomandla Bloem, LUR vir veiligheid en skakeling, uitgespreek en gesê dwelms het ’n verwoestende impak op hul gemeenskappe. Hulle het die dwelmbase ook daarvan beskuldig dat hulle minderjarige meisies misbruik.