Polisie in S-Kaap lê beslag op dwelms

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die polisie Saterdag by die Tsitsikamma-tolpad buite Plettenbergbaai.
Die polisie Saterdag by die Tsitsikamma-tolpad buite Plettenbergbaai.

Die polisie in die Suid-Kaap het die naweek verskeie mense in hegtenis geneem en op dwelms en onwettige drank beslag gelê.

Vrydagmiddag was lede van die blitspatrollie by ’n padblokkade op die N12 tussen George en Oudtshoorn toe ’n Opel Corsa afgetrek is. Die motor is deursoek en daar is op net meer as ’n kilogram dagga beslag gelê wat in die deurpanele versteek was. Die bestuurder, wat in die 40 is, is op aanklag van die besit van dwelms in hegtenis geneem.

Saterdag het lede van die Eden-kluster se eenheid vir misdaadbestryding en die blitspatrollie ’n passasiersbus by ’n padblokkade naby die Tsitsikamma-tolpad voorgekeer. Die bus is deursoek en 350 bondels khat met ’n waarde van sowat R27 000 is in die bus se waentjie gekry. ’n Man van 36 jaar wat op die bus was, is in hegtenis geneem.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
besig om te laai... Regstreeks
England 84/5
India 416/10
Rand - Dollar
16.50
-1.3%
Rand - Pond
19.96
-1.0%
Rand - Euro
17.21
-1.0%
Rand - Aus dollar
11.24
-1.0%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,810.71
0.0%
Silwer
19.89
0.0%
Palladium
1,964.46
0.0%
Platinum
892.00
0.0%
Brent-ruolie
111.63
+2.3%
Top-40
59,640
-0.8%
Alle aandele
65,662
-0.9%
Hulpbronne 10
61,245
-4.1%
Industriële 25
80,264
+1.1%
Finansiële 15
14,564
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos