Die polisie in die Vrystaat het die afgelope tyd heelwat sukses teen misdadigers wat koper en ander skrootmetaal steel en infrastruktuur beskadig, behaal.
’n Sakeman van Theunissen, munisipale werkers, verskeie buitelanders en Suid-Afrikaners, is in verband met dié misdade in hegtenis geneem.
Vier munisipale werkers van die Matjhabeng-munisipaliteit was Donderdag onder die verdagtes wat tydens drie optredes in die Goudveld aangekeer is.