Dagga van meer as R345 000 is Vrydag op ’n perseel in George gekry van waar ’n haarkappery ook bedryf word.
Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê lede van die polisie se eenheid vir openbare orde het ’n wenk opgevolg en is met ’n lasbrief na die perseel in Tabatastraat in sone 6, Thembalethu.
Tydens die soektog is ’n beduidende hoeveelheid dagga in ’n houer in die haarkappery gevind.