Speurders in Berea, Durban, vra hulp om ’n bedrieër op te spoor wat ’n polisielid se foto gebruik om sy “skenkings” in te vorder.
Brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, sê die bedrieër se modus operandi is om ondernemings te kontak en voor te gee dat hy ’n polisiekaptein is.
“Die man beweer hy werk saam met ’n organisasie sonder winsbejag, maar dat hy op die nippertjie deur sy borge in die steek gelaat is.