Inwoners van Diepsloot, noord van Johannesburg, het Donderdagaand van agter hul sinkplaathekke gesê hulle sal rustig kan slaap noudat die polisie die strate patrolleer ná ’n vlaag moorde en betogings in die gebied.
“Julle moet dit elke aand doen sodat ons in vrede kan slaap,” het een vrou geskree terwyl blou ligte deur die strate geflits het.
News24 het twee uur saam met die polisie deurgebring terwyl hulle die donker strate van die woonbuurt gepatrolleer en lukraak mense voorgekeer en deursoek het.