’n Egpaar van Noordwes is twee uur lank deur gewapende rowers aangehou en beroof nadat hulle moes toekyk hoe hul slaapkamerdeur afgebreek word.
Dít terwyl die plaaslike polisie blykbaar agter slot en grendel in ’n donker polisiekantoor gesit en slaap het en daarom nie hul noodoproepe beantwoord het nie.
Afzal Hamed van die belangegroep SA Long Distance Truckers en sy vrou, Miriam, woon tussen Mahikeng en Ottoshoop in Noordwes op ’n hoewe skaars 1 500 m vanaf die plaaslike polisiekantoor.