Die polisie in Noordwes het met ’n grootskaalse soektog begin nadat vyf verhoorafwagtende gevangenes wat as uiters gevaarlik beskou word, die naweek uit die aanhoudingselle van die Zeerust-polisiekantoor ontsnap het.
Die ontsnaptes, Joshua Sibanda (39), Amogelang Motsiane (36), Tshepiso Kwenamp (22), Bengu Hlanganane (31) en Enoch Lebeloane (46), het Sondagoggend ’n polisielid by die selle oorrompel, die sleutels by hom afgeneem en gevlug, sê brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder.
“Die gevangenes word as gevaarlik beskou en staan tereg op verskillende aanklagte wat poging tot moord, huisroof, verkragting, sakeroof en roof met verswarende omstandighede insluit.”