’n Polisiesersant van Benoni in Gauteng is Dinsdag by sy werk in hegtenis geneem nadat ’n vrou van Limpopo vermoedelik ontvoer, vermoor en haar lyk in ’n verlate mynskag gegooi is.
Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê ’n 39-jarige man, wat glo ’n medepligtige van die 40-jarige sersant was, is Woensdag in Apel in die Sekhukhune-streek in Limpopo in hegtenis geneem.
Mojapelo sê die inhegtenisnemings kom ná ’n ondersoek deur die polisie in Limpopo in samewerking met die polisie in Gauteng.