Sewe mans is danksy goeie polisiewerk in hegtenis geneem in verband met twee vragmotorkapings wat Woensdag in Gauteng voorgekom het.
“Ses mans is in Midrand aangekeer nadat ’n vragmotor, wat selfone vervoer het, vroeër die dag gekaap is,” sê kapt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder.
Nie die vragmotorbestuurder of die sekerheidswag is in die voorval beseer nie.