Die polisie in Noordwes het vragmotorbestuurders gemaan om paraat te wees nadat vragmotorkapings in die provinsie toegeneem het.
Kol. Adèle Myburgh, woordvoerder van die polisie in Noordwes, sê verskeie sake is tussen Februarie en April aangemeld. Vragmotorbestuurders word nie net gekaap nie, maar ook van hul waardevolle besittings soos selfone en beursies beroof.
“Die polisie maan vragmotorbestuurders om versigtig te wees wanneer hulle ry of langs die pad stilhou. Daar is ’n toename in kapings en rooftogte, veral in die omgewing van Brits, Mmakau en Mothotlung.”