’n Beloning van R20 000 is uitgeloof vir inligting wat sal lei tot die inhegtenisneming van ’n Takealot-werknemer wat die maatskappy oor die feestyd besteel het.
Tichana Nyamunda, wie se ouderdom nie deur die polisie bekend gemaak is nie, word daarvan beskuldig dat hy in Desember verskeie items gesteel het.
Hy was die bestuurder van die Takealot-tak in eMalahleni, sê kapt. Eddie Hall, polisiewoordvoerder, in ’n verklaring.